Die boek van Romeine is heelwaarskyn die belangrikste brief in die Nuwe Testament. Die boek van Romeine verklaar aan ons die belangrikheid van Jesus se dood aan die kruis en die impak van dit op my en jou lewe. Deur verkeie vrae en antwoorde verduidelik Paulus aan my en jou wat ons glo as gelowiges. Dit is soveel meer as teologie, dit is die goeie nuus van Jesus Christus. Dit is soveel meer as feite oor wat ons glo. Dit is ‘n boek van praktiese uitleef van die goeie nuus van Jesus Christus. Dit is die uitleef van ‘n lewe van geregtigheid met ‘n sleutel in Romeine 3:24 vir my en jou!
Rom 3:24 maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.
Dit is hier waar geloof en praktyk mekaar ontmoet en ek en jy ontdek ons is vrygekoop deur die versoening van Jesus Christus aan die kruis. Nou kan ons leef in vryheid.