Baarde of Soene

ʼn welkome breek is altyd goed vir die siel. Vir ons is die Kaap een van daardie mooi plekke wat jy moet besoek. Verkieslik daar waar niks en niemand is, sodat jy kan rus.

Die eerste paar dae is altyd interessant met kuier-plekkies en mooi omgewings. Dit is opstaan wanneer jy wil en gemaklike klere wat jy somer weer en weer kan dra. Die belangrikste van als, is gee skeer. Ja, presies geen skeer!!!. So gaan ons die vakansie deur en die blou baard van my groei mooi. ʼn Bokie-baard sal dit wees. Ek vra vroulief: ‘So wat dink jy? Mooi sê sy’. Maar soos wat tyd aangaan kom ek agter soene skuif van die mond na die voorkop. Die eerste twee dae is dit van pas, maar dan begin ek wonder, gaan jy my nooit weer soen nie. Die derde dag kan ek dit net nie meer hou nie en vra: “Hoekom soen jy my nie?” Sy sit haar kop op my skouer en kyk my mooi in die oë en sê: “Die baardjie is mooi, maar dit steek teveel”. Geskok besef ek, as ek liefde wil beleef gaan ek moet kies. Baard of soen?

Dit laat my dink aan Johannes se woord in 1 Johannes 2:16 : Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.” Johannes waarsku ons om onsself nie besig te hou met dit wat steel van ons verhouding met God nie. Net so steel ons mooi lyk, in my geval my baard, van die intimiteit wat ek kon beleef het as ek meer ingestel was op my lewensmaat as my voorkoms.

Wat kies jy in jou verhouding? Baarde of Soene.

Share This Post!