Ons lewe in ‘n tyd waarin alles iets van my en jou vra. Ons werk harder om meer geld te verdien. Ons probeer harder om ‘n beeld voor te hou wat gebou is op prestasie. En wanneer ons dit nie maak nie voel ons skuldig, alles om die lewe ‘n plek van vervulling te maak.
Die uitdagings wat ons vandag beleef is soortgelyk aan dit wat die mense van Kolossense beleef het. In hierdie bekende brief van Paulus verduidelik hy aan my en jou waar is die enigste plek van vervulling. Om in Christus te wees is die begin en einde van vervulling…niks meer en niks minder.
Ek nooi jou om saam met my op reis te gaan deur die boek van Kolossense en te ontdek wie jy regtig is in Christus. Hy is die middelpunt van jou lewe, dit is wie jy gemaak is om te wees.